Koop jou Toespraak

Ons skryf persoonlik vir die redenaar — nooit generiese toesprake nie.
Elke stuk is oorspronklik, deurdag en met sorg geskryf.
Dit neem ’n bietjie langer, maar dis absoluut die moeite werd!

By Lizzy D Toesprake skryf ek oorspronklike, kreatiewe en doelgemaakte toesprake vir elke redenaar, span of debatspan. Elke stuk word persoonlik geskryf om by die redenaar se ouderdom, tema, taalvlak en persoonlikheid te pas. Ek werk professioneel en eties – om redenaars te ondersteun in hul groei en selfvertroue, nie om vir hulle te praat nie.

Ons skryf vir ATKV, OppiTong, Con Spirito, Radikale Redenaars, Interskole en ander.

Individuele toesprake: Beredenerend, motiverend of vermaaklik — geskryf volgens kompetisieriglyne.

Span-toesprake: Humorr, humor, humor! Vir groepe van vier lede, met sterk interaksie en balans tussen sprekers.

Debat-toesprake: Vir spanne van twee of drie lede, gestruktureer volgens formele debatreëls en temas.

Afrikaans as Addisionele Taal: Professioneel geskryf toesprake vir ATKV en ander kompetisies vir Addisionele Taal-leerders ook vir Engels FAL.

Onvoorbereide toesprake: Hulp met voorbereiding, struktuur en inhoudsontwikkeling vir beter selfvertroue op die dag.

Elke toespraak volg ’n duidelike struktuur: ’n treffende inleiding, drie sterk argumente en ’n slot wat impak maak. Ek gebruik humor, oorspronklike idees, uitstekende taalgebruik, beeldspraak, metafore, en gepaste poëtiese elemente om dit interessant, kreatief en vars te hou. My styl is aweregs, interessant en uniek – met sterk onderwerpe, goeie ritme en natuurlike  vloei. Humor en interaksie is belangrik: redenaars moet dit geniet.

 

Besoek on Blog vir wenke, nuwe temas en inspirasie. Klik op die skakel vir 'n PDF met voorbeelde en handleiding  – of kontak my direk vir hulp met voorbereiding of onvoorbereide toesprake by +27 72 699 9220. Noodtoesprake op aanvraag - ons help waar ons kan!

| Klik | ⚪ Vul bestelvorm in | ⚪ Ons bevestig | ⚪ U ontvang u faktuur | ⚪ Lewering
(Elke toespraak word uniek vir u kind geskryf — laat 2–3 weke grasie vir aflewering.)
 . 

Bepalings en Voorwaardes: ALLEENREG! Tydperk van gebruik: Met ‘n LizzyD Toespraak kry u ’n Alleenreg persoonlike, nie-oordraagbare gebruikslisensie vir die 2026-redenaarsseisoen.

Hierdie lisensie is uitsluitlik geldig vir 2026. Die toespraak mag nie daarna gebruik, herverwerk, of vir enige toekomstige kompetisie of aanbieding aangewend word nie.

Elke aankoop gee die koper alleenreg tot gebruik vir een leerder gedurende 2026. Geen ander persoon, skool of instansie mag die teks gebruik, aanpas of versprei sonder skriftelike toestemming van Redenaar.com nie.

Outeursreg: Alle toesprake bly die intellektuele eiendom van Redenaar.com en/of die oorspronklike skrywer. Kopiëring, verspreiding, of publikasie – geheel of gedeeltelik – sonder toestemming is streng verbode.

Nie-herverkoopbaar: Hierdie produk is uitsluitlik vir persoonlike opvoedkundige gebruik. Dit mag nie herverkoop, uitgegee, gedeel of in enige vorm op sosiale media, webwerwe of ander platforms gepubliseer word nie.

Geen waarborg van uitslae: Redenaar.com waarborg nie enige pryse, punte of uitslae nie. Sukses hang af van die deelnemer se voorbereiding, aflewering en beoordeling.

Geen terugbetalings: Aangesien toesprake voetstoots aangekoop word, is geen terugbetaling of ruiling moontlik ná aankoop nie.

Emosionele en opvoedkundige verantwoordelikheid: Die inhoud van hierdie toespraak is uitsluitlik bedoel vir opvoedkundige en motiverende doeleindes. Dit vervang nie professionele opvoedkundige ondersteuning of leiding nie. Ouers, onderwysers en mentors word aangeraai om die inhoud saam met die leerder deur te werk en toepaslik te gebruik volgens ouderdom en konteks.