
Ek skryf al meer as 16 jaar toesprake vir ATKV, OppiTong, Con Spirito, Radikale Redenaars, Interskole en Public Speaking-kompetisies. My leerders vaar uitstekend – met finaliste, podium plekke en wenners landswyd en provinsiaal. Dit is heerlik om terugvoer te kry soos, hulle het die humor baie geniet, of hulle het die gehoor in trane gehad, dit is my passie om by redenaars ’n liefde vir redenaarskuns te kweek, daarom skryf ek met humor, unieke, aweregse inhoud, en sterk standpunte, sodat elke redenaar met selfvertroue kan praat. Ons toesprake voldoen aan kompetisie riglyne en word persoonlik geskryf vir elke redenaar. Praat 'n hond uit 'n bos!
Redenaarsgroete,
Lizet

By LizzyD Toesprake skryf ons Alleenreg toesprake volgens ATKV riglyne met 'n treffende inleiding, drie sterk argumente en ’n kragtige slot – altyd met ’n unieke, oorspronklike standpunt, aweregs en anders, en natuurlik propvol humor. Sommige redenaars verkies egter 'n ernstiger toespraak soos dit hoort en ons neem alles in ag. Wanneer u die bestelvorm invul om 'n toespraak aan te koop is daar 'n ruimte vir agtergrondinligting oor die redenaar, voltooi gerus dit help byvoorbeeld om te weet of hulle iets lig, sterk, ernstig, of 'n kombinasie wil ontvang. Inligting oor die redenaar se voorkeure, stokperdjies ens - dra by tot verpersoonliking van die toespraak. So kan hulle dit hul eie maak en identifiseer daarmee. Dis so belangrik!
Ons skryf ook vir Afrikaans Addisionele Taal-leerders volgens ATKV temas, dit is groot pret en altyd 'n voorreg. Kies jou tema, voeg agtergrond oor die redenaar by op die bestelvorm, en ons doen die res!
’n ATKV-toespraak is ’n kuns – en wanneer die regte toespraak by die regte redenaar pas, is dit iets uitsonderlik!