LizzyD Toesprake funny fave black and white photo - Wil u 'n toesraa koop, vra sy? Waar om 'n toespraak te koop? By LizzyD! www.toesprake.com

Unieke Afrikaanse Toesprake vir alle Redenaars

Welkom by LizzyD Toesprake – waar ek sedert 2009 oorspronklike, persoonlike, kreatiewe en unieke Afrikaanse toesprake skryf vir ATKV Redenaars, OppiTong, Radikale Redenaars, Con Spirito, Interskole, SALA, SACEE Public Speaking, en klastoesprake. My passie is om by redenaars ’n liefde vir die redenaarskuns te kweek. Daarom skryf ek met humor, vars invalshoeke, aweregse idees, en sterk standpunte.

LizzyD individuele en span redenaars blink uit op talle gebiede:

ATKV Redenaars – top drie, finaliste en semi-finaliste. OppiTong – Afrikaans, Engels en Tweetalig: wenners, finaliste.

Radikale Redenaars – Afrikaans & Engels: wenners, finaliste en podiumplekke.

Con Spirito – redenaars, kunste én debat: wenners, finaliste en semi-finaliste.

Podiumpret, Artisticula, Kansvatters, Super 12, Eisteddfods, en meer.

Kontak ons gerus. Lizet 072 6999 220 (Whatsapp)

Woman with mega phone - koop van 'n atkv toespraak? Waar koop ek 'n goeie toespraak? Sy roep: by LizzyD! ons skryf ATKV, Oppitong, Radikaal

Hoe ons die skryf van ATKV Toesprake benader. 

By LizzyD Toesprake skryf ons Alleenreg toesprake volgens ATKV riglyne met 'n treffende inleiding, drie sterk argumente en ’n kragtige slot – altyd met ’n unieke, oorspronklike standpunt, aweregs en anders, en natuurlik propvol humor. Sommige redenaars verkies egter 'n ernstiger toespraak soos dit hoort - ons neem alles in ag. Wanneer u die bestelvorm invul om 'n toespraak aan te koop is daar 'n ruimte vir agtergrondinligting oor die redenaar, voltooi gerus; dit help byvoorbeeld om te weet of hulle iets lig, sterk, ernstig, of 'n kombinasie wil ontvang. Inligting oor die redenaar se voorkeure, stokperdjies, ens dra by tot verpersoonliking van die toespraak. So kan hulle dit hul eie maak en identifiseer daarmee. Dis so belangrik.

Ons skryf ook vir Afrikaans Addisionele Taal-leerders volgens ATKV temas, dit is groot pret en altyd 'n voorreg. Kies jou tema, voeg agtergrond oor die redenaar op die bestelvorm by, en ons doen die res!

’n ATKV-toespraak is ’n kuns – en wanneer die regte toespraak by die regte redenaar pas, is dit uitsonderlik.

Bekostigbaar! Ons passie is om gehalte toesprake vir almal toeganklik te maak — daarom is ons toesprake billik geprys. Hou gerus ons sosiale media dop vir spesiale aanbiedinge. - Ons haal die tameletjie uit die toespraak.